GASA-STROOK. – Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, het gesê die liggame van drie gyselaars is Saterdag in die Gasa-strook gevind.
Lees ook: Gyselaar se liggaam gevind in Gasa
Die liggame van Yonatan Samerano, Ofra Keidar en sers. Shai Levinson is in ’n militêre operasie gevind. Die Israeliese weermag (IDF) het tot dusver die maand die liggame van agt gyselaars uit Gasa teruggevind.
Keidar (71) is op 7 Oktober 2023 in ’n kibboets oorlede. Sers. Levinson (19) is op 7 Oktober in ‘n geveg teen Hamas dood. Samerano (22) is op 7 Oktober 2023 in die aanval deur Hamas by die Nova-musiekfees dood.
Bronne: BBC, CNN, CBS News
Lees ook: Gyselaar se liggaam gevind in Gasa





