GASA. – Die Israeliese weermag het Vrydag (eergister) die liggaam van ’n Thaise burger gevind wat op 7 Oktober 2023 deur Hamas ontvoer is. Dié aankondiging is pas deur Israel se minister van verdediging, Israel Katz, gemaak.
Lees ook: Liggame van twee Gasa-gyselaars gevind
Nattapong Pinta (35) se liggaam is in Rafah, suidelike Gasa, gevind. Hy was ’n landbouwerker in Israel toe hy ontvoer is.
’n Israeliese weermagbeampte het gesê Pinta is waarskynlik binne die eerste paar maande doodgemaak ná hy gyselaar geneem is.
Dit kom nadat die liggame van twee ander gyselaars, Judy en Gadi Haggai, Donderdag gevind is. ‘n Verdere 54 mense word gyselaar gehou in Gasa, maar die Israeliese weermag glo 31 van hulle is reeds oorlede.
Bronne: BBC, CBS News, CNN
Lees ook: Liggame van twee Gasa-gyselaars gevind





