CHAN JOENIS, GASA. – Die Israeliese weermag het gesê sewe Israeliese soldate is gister in Chan Joenis, Gasa, in ’n ontploffing gedood.
Lees ook: Israeliese weermag dood 25 mense wat vir noodhulpvoorraad in Gasa wag
Brig.genl. Effie Defrin, die hoofwoordvoerder van die Israeliese weermag, het gesê die soldate was lede van die ingenieursbataljon wat op soek was na tonnels om dit te vernietig. Hy het gesê hulle is dood nadat ’n ploftoestel naby hulle geplaas is.
Hamas het erken dit het die ploftoestel naby die soldate geplaas om hulle dood te maak.
Bronne; New York Times, Times of Israel, The Independent
Lees ook: Israeliese weermag dood 25 mense wat vir noodhulpvoorraad in Gasa wag





