Israeliese weermag dood 25 mense wat vir noodhulpvoorraad in Gasa wag

Lees ook :

Israeliese weermag dood glo 25 mense wat wag vir noodhulpvoorraad in Gasa fotokrediet: Canva

GASA. – Volgens ooggetuies en hospitale in Gasa is 25 mense vandag deur die Israeliese weermag doodgeskiet wat vir vragmotors met noodhulpvoorraad gewag het.

Lees ook: Israel beweer Iran het skietstilstand oortree, beplan weer aanvalle

Die Awda-hospitaal wat die liggame van die slagoffers ontvang het, het gesê die skietery het op die Salah al-Din-pad suid van Wadi Gasa plaasgevind. Volgens die hospitaal is 146 mense in die aanval gewond, van wie 62 wat in ‘n kritieke toestand was, na ander hospitale oorgeplaas is.

’n Ooggetuie het aan The Associated Press gesê dat op mense geskiet is, selfs toe hulle begin vlug het. Nog ’n ooggetuie het aan die nuusagentskap gesê hommeltuie was oor die gebied te sien en daar is op mense begin skiet die oomblik wat hulle nader aan die vragmotors met die noodhulpvoorraad beweeg het.

Die Israeliese weermag het nog nie op die voorval kommentaar gelewer nie.

Bronne: Hindustan Times, Sunday World, Sky News

Lees ook: Israel beweer Iran het skietstilstand oortree, beplan weer aanvalle

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief