OOS-KAAP. – Die polisie is op soek na die persoon wat vir die verkragting en moord van ‘n 14-jarige leerling in KwaMfula verantwoordelik was.
Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die slagoffer is Vrydag 20 Junie skool toe, maar het nooit teruggekeer huis toe nie. Ná ’n gesamentlike soekoperasie deur die polisie en lede van die gemeenskap is haar liggaam met noodlottige beserings Sondag in ’n ineengestorte struktuur naby ’n woud gevind. Forensiese ondersoeke het intussen bevestig dat sy seksueel aangerand en toe vermoor is. Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie. `
Die saak word deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade ondersoek. Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.sers. Malangeni by 073 636 0890 of kapt. Tuswa by 082 302 7499 te bel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





