US-koor skitter met 3 goues by internasionale koorkompetisie

Lees ook :

Foto: Stefan Els

WES-KAAP. – Die Universiteit Stellenbosch se koor het op 6 Julie drie goue medaljes by die Interkultur Europese Koorspele en Grand Prix of Nations in Aarhus, Denemarke verower.

Die koor het in drie kategorieë deelgeneem: Volwasse Kore, Jazz, Pop, Show en Musica Sacra a Cappella en in elkeen punte bo 95% behaal. Altesame 132 kore uit 33 lande het in verskeie kategorieë aan die internasionale koorkompetisie, wat van 28 Junie tot 6 Julie gehou is, meegeding. Terwyl slegs Europese kore aan die Europese Koorspele deelgeneem het, het kore van regoor die wêreld aan die Grand Prix of Nations-afdeling deelgeneem. Die US-koor is genooi om aan die Grand Prix of Nations deel te neem en was die enigste koor wat Suid-Afrika en die vasteland van Afrika verteenwoordig het.

André van der Merwe, koordirigent, sê die prestasie is ’n groot kompliment op internasionale vlak: “Ek is so trots op my studente. Hulle sing vir die liefde vir musiek.”

In die Volwasse Kore-kategorie is die Kaapse koor met ‘n punt van 96,56% net-net deur ‘n Noorse koor met 97% geklop. Ook in die Jazz, Pop, Show-kategorie was die koor tweede met ‘n punt van 95,69% teenoor ‘n Deense koor wat 96,06% behaal het. In die Musica Sacra a Cappella-kategorie was die koor in die derde plek met 95,31%, terwyl ‘n Nieu-Seelandse koor 96,25% en ‘n Deense koor 98,31% behaal het. Die US-koor het in al drie kategorieë ‘n goue medalje verower.

Talyah Greyling, die koorkomiteevoorsitter, het gesê die toer was ’n verrykende ervaring, terwyl koorlid Lambert Tuyishime dit as ’n waardevolle leergeleentheid beskryf het.

Lees meer hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief