WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n jong man is Maandagoggend omstreeks 08:30 deur Kraaifontein-polisie in Bonitaweg, Scottsdene, aangetref. Die slagoffer het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.
Tygerburger sê die jong man se kop is vermoedelik deur ‘n sementblok in ‘n stegie oorkant die U-save ingeslaan. Hy is deur ‘n voetganger ontdek. Shavon van Schalkwyk het die oorledene as Jermaine Gidlon aka Poena geïdentifiseer.
AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die verdagte(s) is nog op vrye voet. Die Kraaifontein-polisie het ‘n moordsaak geopen. Die motief van die aanval word nog ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





