Politieke party wil SA se naam verander hê

Lees ook :

Politieke party wil SA se naam verander hê fotokrediet: Canva

Die African Transformation Movement (ATM) is van plan om die parlement en die grondwetlike hersieningskomitee te nader om Suid-Afrika se naam te verander.

Lees ook: VSA gaan op 1 Augustus 30%-tarief op SA-goedere instel

Die party wil hê Suid-Afrika se naam moet verander na die Republiek of Azanië, met die argument dat die huidige naam ’n oorblyfsel van kolonialisme is en nie “die ware identiteit van mense in Suid-Afrika weerspieël nie”.

Vuyo Zungula, die president van ATM, het gesê die naam “Suid-Afrika” is ingestel tydens kolonialisme en is verbind aan die “onderdrukkende stelsels wat deur die Britte en Boere ingestel is”. Zungula het gesê die naamsverandering sal inheemse mense hulle erfenis en nasionale trots teruggee.

Die party wil ook hê die woord “almal” in the Grondwet moet vervang word met “burgers”, dat die parlement meer mag moet hê om wette te maak, dat grond wat voor 1913 weggevat is, teruggegee moet word en dat buitelanders nie grond mag besit nie. Die party wil ook hê minerale moet plaaslik bestuur en versprei word omdat buitelandse maatskappye Suid-Afrika se minerale hulpbronne “misbruik”.

Verskeie ander politieke partye, burgers en politieke kenners het die voorstel om Suid-Afrika se naam te verander, gekritiseer.

Bronne: BusinessTech, IOL, The Citizen

Lees ook: VSA gaan op 1 Augustus 30%-tarief op SA-goedere instel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief