Drie dood en tien beseer in skietery in VSA

Lees ook :

Drie dood en tien beseer ná skietery in VSA fotokrediet: Canva

VSA. – Drie mense is oorlede en 10 is gewond toe gewapende verdagtes gister op huise in ’n woonbuurt in Suid-Philadelphia geskiet het.

Lees ook: Dodetal in Texas-oorstromings meer as 100

Die skietery het tussen verskeie mense in ’n woonbuurt plaasgevind waar inwoners ’n saamtrek gehad het.

Die drie oorledenes was volwassenes en twee van die gewondes is minderjariges. Een van die slagoffers was in ’n rolstoel nadat hy in 2018 ook ’n slagoffer van ’n skietery was.

Een persoon is met ’n vuurwapen in hegtenis geneem, maar sy identiteit is nie bekend gemaak nie.

Die motief vir die skietery is onbekend.

Bronne: The Independent, ABC News, The Sun

Lees ook: Dodetal styg ná Texas-oorstromings

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief