GAUTENG. – Voorbidding word gevra vir Kayla van der Merwe, ‘n gr. 7-leerling van Laerskool Selectionpark in Springs wat moedig teen stadium 3-kanker veg.
Volgens ‘n Facebook-plasing van die skool is sy met ‘n hoë infeksietelling in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem, wat veroorsaak het dat haar chemobehandeling uitgestel moes word.
Lees die skool se plasing hier onder:
Gebedsversoek vir Kayla
Ons vra vandag met nederige harte dat die gemeenskap asseblief sal saamstaan in gebed vir een van ons geliefde Parkie-leerlinge, Kayla van der Merwe, ’n graad 7-leerling wat tans dapper teen stadium 3 kanker veg. Kayla is onlangs opgeneem in die Charlotte Maxeke-hospitaal met ’n hoë infeksietelling, wat veroorsaak het dat haar chemoterapie uitgestel moes word totdat haar toestand verbeter. Ons vra dat julle saam met ons sal bid vir:
- 💛 Kayla se volkome herstel
- 💛 Dat die infeksie vinnig en volledig opklaar
- 💛 Krag, hoop en moed vir Kayla en haar ouers in hierdie moeilike tyd
Mag ons as gemeenskap haar dra met liefde, ondersteuning en volgehoue gebed. “Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.”
~ Romeine 12:12
#BidVirKayla
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





