LONDEN. –Die Southend-lughawe in Londen is gesluit nadat ’n vliegtuig Sondag neergestort het kort nadat dit opgestyg het.
Lees ook: Kliniek sê kinders wat gewag het vir vitamiene in Israeliese aanval gedood
Getuies het gesê die vliegtuig het in ’n “vuurbal” neergestort. Dit is onbekend hoeveel mense beseer is en of enigiemand in die ongeluk omgekom het.
Die vliegtuig was ’n mediese vervoervliegtuig wat gisteroggend in die VK geland het nadat dit in Kroasië was. Dit was bestem om Nederland toe te vlieg.
Die ondersoekafdeling vir lugongelukke van die Essex-polisie is besig om die ongeluk te ondersoek.
Bronne: BBC, The Independent, The Mirror
Lees ook: Kliniek sê kinders wat gewag het vir vitamiene in Israeliese aanval gedood





