NOORD-KAAP. – Die polisie in die groter Kimberley-gebied is ten volle voorbereid en op hoë gereedheidsgrondslag om wet en orde te verseker tydens die beplande vreedsame optog wat vandag (Maandag) plaasvind.
Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die owerhede doen ’n beroep op alle deelnemers en inwoners om binne die raamwerk van die wet op te tree, om die veiligheid van die publiek te beskerm.
Volgens Ehlers sal onwettige gedrag, insluitend die beskadiging van eiendom of besering van persone, nie geduld word nie en sal met gepaste optrede hanteer word. “Alle nodige hulpbronne is gemobiliseer en ontplooi om aktiwiteite te monitor en openbare orde deur die loop van die optog te handhaaf,” het sy bevestig.
Die kolonel het bevestig wetteloosheid en kriminele dade sal nie deur die polisie toegelaat word nie. “Enigiemand wat hom aan onwettige optrede skuldig maak, sal gepas aanspreeklik gehou word.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





