VSA. – Donald Trump, Amerikaanse president, se justisiedepartement het die hoogste hof gevra om Ghislaine Maxwell (nou 63) se appèl af te keur.
Lees ook: FBI eindig ondersoek oor prins Andrew se verhouding met Jeffrey Epstein
Maxwell is in Desember 2021 skuldig bevind op aanklagtes, ondermeer van die lok van minderjariges om te reis om aan onwettige seks met Jeffrey Epstein deel te neem.
Sy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis, maar haar prokureurs het gesê sy was vrygestel van aanklagtes onder ’n klousule in Epstein se 2008-ooreenkoms om nie aangekla te word op soortgelyke aanklagtes nie. In die klousule staan: “As Epstein voldoen aan die vereistes, sal die VSA instem om nie enige kriminele aanklagtes teen enige moontlike mense wat met Epstein saamgesweer het, te bring nie, insluitend vier van sy assistente”. Maxwell is nie in die ooreenkoms genoem nie.
Die justisiedepartement het Maandag gesê Maxwell was nie deel van die ooreenkoms nie en: “Daar is geen bewys dat die ooreenkoms veronderstel was om haar te baat nie”.
Bronne: The Independent, ABC News, Business Insider
Lees ook: FBI eindig ondersoek oor prins Andrew se verhouding met Jeffrey Epstein





