Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings oor rowwe deinings vir vandag uitgereik.
Lees ook: Kouefront begin vandag, waarskuwings vir weer uitgereik
’n Geel vlak 2-waarskuwing is vir die kusgebiede van die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap vir onstuimige deinings uitgereik.
’n Moontlikheid van sneeu is vir Saterdag vir die Oos-Kaap voorspel, met ’n moontlikheid van reën in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noord-Wes, Gauteng, Vrystaat en Oos-Kaap.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge.
Bronne: SAWD
Lees ook: Kouefront begin vandag, waarskuwings vir weer uitgereik





