BOSTON, VSA. – ’n Maatskappyhoof en sy hoof van menslike hulpbronne is in mekaar se arms tydens ’n Coldplay-konsert in Boston afgeneem.
Lees ook: Ironman-atleet sterf wat ‘in moeilikheid was’ tydens kompetisie
Astronomer-hoof Andy Byron en die maatskappy van menslike hulpbronne, Kristin Cabot, is op die kiss cam tydens die Coldplay-konsert gevang waar hulle in mekaar se arms staan. Toe die paar sien hulle is op die grootskerm, het Byron Cabot gelos en afgebuk om vir die kamera te probeer wegkruip. Cabot het haar gesig met haar hande toegemaak en omgedraai.
Coldplay se hoofsanger, Chris Martin, het gesê: “O, kyk na hierdie twee” toe die kamera hulle afneem en toe hulle wegkruip, het hy gesê: “O wat? Of hulle het ’n affair of hulle is net baie skaam.”.
Byron is met Megan Kerrigan Byron getroud en Cabot is glo onlangs geskei. ’n Verklaring is gister deur Byron vrygestel waarin hy om verskoning vra, asook vir privaatheid. Astronomer het intussen gesê die verklaring was vals.
Bronne: Timeslife, New York Post, The Independent, Mirror
Lees ook: Ironman-atleet sterf wat ‘in moeilikheid was’ tydens kompetisie

