VSA. – Die Withuis het gister aangekondig dat president Donald Trump goeie gesondheid geniet ondanks ’n kroniese toestand van die are ná foto’s met blou kolle aan sy regterhand die aandag getrek het.
Lees ook: KYK: Man met ‘skelmpie’ by Coldplay-konsert uitgevang
Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het gesê Trump se hand het blou kolle oor “sagteweefselskade van baie handskud” terwyl hy aspirien drink as “’n standaard kardio-vaskulêre voorsorgmaatreël”.
Sy het gesê hy het volledige mediese toetse ondergaan nadat sy bene onlangs begin swel het en hy is gediagnoseer met kroniese ““venous insufficiency””aarontoereikendheid” wat gebeur wanneer are in die bene nie voldoende bloed na die hart pomp nie. Dit laat bloed na die bene terugvloei, wat veroorsaak dat dit swel.
Leavitt het gesê daar is “geen bewyse van hartsiekte of aarbloeding nie” en al die uitslae van die toetse is binne normale perke.
Bronne: BBC, Daily Mail, ABC News
Lees ook: KYK: Man met ‘skelmpie’ by Coldplay-konsert uitgevang





