OLIEVENHOUTBOSCH. – Vyf mense, twee vrouens en drie mans, is gisteraand in ’n taverne by die Shoba- informele nedersetting in Olievenhoutbosch, Gauteng, doodgeskiet. Drie mense is in die skietery beseer.
Lees ook: Bejaarde paar tydens huisbraak aangerand
Die polisie is op soek na tien verdagtes wat glo by die taverne opgedaag het en sonder ’n woord op die mense begin skiet het.
Die motief vir die skietery is onbekend.
Bronne: SAPD
Lees ook: Bejaarde paar tydens huisbraak aangerand





