Bejaarde paar tydens huisbraak aangerand

Lees ook :

Bejaarde paar aangerand tydens huisbraak fotokrediet: RUSA

KZN. – ’n Bejaarde paar, 85 en 76 jaar oud, is Vrydag tydens ’n huisbraak op die Kissoon-pad in Ottawa, KZN, aangerand.

Lees ook: Vliegtuig moet noodlanding maak nadat passasier deur probeer oopmaak

Die Reaksie-eenheid SA (Rusa) is geskakel deur ’n huurder wat op die eiendom bly. Die Rusa-lede is gesê vier verdagtes het ’n privaat veiligheidsbeampte op die eiendom gedreig om die bejaardes te roep vir iets om te eet. Een van die verdagtes het ’n vuurwapen gehad.

Hulle het ’n venster gebreek en by die huis ingegaan nadat die veiligheidsbeampte geweier het om die paar te roep. Hierop het hulle die bejaarde man met ’n stok op sy kop geslaan. Die vrou is op die vloer gegooi en herhaaldelik op die bors geskop. Toe sy om hulp begin skree, het die verdagtes twee Nokia-selfone gegryp en hulle uit die voete gemaak.

Dit is onbekend of die rowers te voet of in ‘n voertuig gevlug het.

Bronne: RUSA Facebook

Lees ook: Vliegtuig moet noodlanding maak nadat passasier deur probeer oopmaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief