BANGLADESJ. – Minstens 16 mense is oorlede en meer as 100 beseer ná ’n militêre vliegtuig op ’n skool in ’n vuurbal in Dhaka, Bangladesj, neergestort het. Meer as 50 kinders en volwassenes moes hospitaal toe geneem word met brandwonde.
Lees ook: 67 Palestynse burgerlikes gedood wat wag vir noodhulp ná Israeliese aanval
Die Bangladesjiese weermag het bevestig een van hulle opleidingsvliegtuie het op die skool neergestort.
Die regering het gesê die ongeluk sal ondersoek word. Reddingswerkers is steeds op die toneel besig om mense uit die rommel te haal.
Bronne: BBC, Metro, Sky News
Lees ook: 67 Palestynse burgerlikes gedood wat wag vir noodhulp ná Israeliese aanval





