OOS-LONDEN. – Uitspraak in die saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en sy voormalige lyfwag, Adrian Snyman, is voorbehou.
Lees ook: Slotargumente in Malema-vuurwapensaak vandag aangehoor
Malema en Snyman het vandag in die hof verskyn vir die slotbetoë in die 2018-vuurwapensaak.
Malema word daarvan beskuldig dat hy tydens die EFF se vyfde bestaansjaarvierings ’n vuurwapen afgevuur het wat Snyman vir hom in 2018 gegee het.
Hy en Snyman word aangekla van onder andere die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar. Albei het onskuldig op die aanklagtes gepleit.
Die verhoor is tot 29 September uitgestel.
Bronne: eNCA, SABC, SowetanLIVE
Lees ook: Slotargumente in Malema-vuurwapensaak vandag aangehoor





