Borgtog van pastoor in moordsaak van 12-jarige geweier

Lees ook :

Foto: Facebook

OOS-KAAP. – Sonwabo Nqayi (39) se aansoek om borgtog is suksesvol deur die nasionale vervolgingsgesag in die Motherwell-landdroshof teengestaan. Hy staan op aanklagte van moord met voorbedagte rade, ontvoering en regsverydeling van Lithaliyanda Ntini (12) tereg.

Luxolo Tyali, NBG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Nqayi, ’n pastoor en stigter van Holy Burning Fire Ministries of God, word daarvan beskuldig dat hy op 24 Junie sy 12-jarige skoonsuster ontvoer, vermoor en haar liggaam aan die brand gesteek het. Ntini is as vermis aangemeld nadat sy na ‘n nabygeleë winkel is en nie teruggekeer het nie. Haar verbrande liggaam is drie dae later in bosse in NU6, Motherwell, ontdek.

Tyali sê die staat het borgtog teengestaan op grond van die oortreding, vlugrisiko en die moontlikheid dat Nqayi getuies kan beïnvloed. Die hof het ten gunste van die vervolging beslis. Die saak is vir verdere ondersoek tot 28 Augustus uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief