Jaguar E-PACE herroep oor lugkussingfout

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die nasionale verbruikerskommissie (NVK) het aangekondig dat Jaguar E-PACE-modelle van 2020 tot 2024 herroep word weens ’n probleem met die passasiers-lugkussing.

Jaguar Land Rover Limited sê aan die NVK die betrokke lugkussing kan tydens ontplooiing skeur as gevolg van ‘n foutiewe vou tydens samestelling. ’n Geskeurde lugkussing verminder beskerming en verhoog die risiko van beserings tydens ’n botsing en kan ook warm gasse laat ontsnap wat brandwonde kan veroorsaak.

Verbruikers wat geraak word, word aangeraai om onmiddellik hul naaste gemagtigde Jaguar-handelaar te kontak vir gratis vervanging van die betrokke module en komponente.

Die NVK sal voortgaan alle herroepaksies te monitor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief