Waarskuwing! Die video-opname en foto aan die einde van die berig kan sommige lesers ontstel.
GAUTENG. – Vyf verdagtes, wat vermoedelik by ’n transitorooftog betrokke was, is Donderdagaand tydens ’n skietery met die polisie in Crown Mine, Johannesburg, doodgeskiet.
Five cash-in-transit suspects have been killed after exchanging fire with police at Crown Mines in Johannesburg. pic.twitter.com/phG2LHx0Jm
— eNCA (@eNCA) July 24, 2025
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorval het omstreeks 18:30 plaasgevind toe die polisie inligting oor verdagtes wat ‘n transitorooftog in Johannesburg beplan, opgevolg het. Die verdagte voertuig is op die M1/M2-vurk opgemerk en het weggetrek toe hulle die polisie sien.
Tydens agtervolging het die verdagtes op die polisie begin skiet, waarop die polisie teruggeskiet het. Die verdagtes se voertuig het in ’n palissade vasgery en tot stilstand gekom. Al vyf insittendes van die voertuig is noodlottig gewond. ’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat dieselfde voertuig vermoedelik gebruik is in ’n moord en transitorooftog op 14 Julie in Kingsley, KwaZulu-Natal. ’n AK-47-aanvalsgeweer, ’n pistool en plofstof is in die voertuig gevind.
Lt.genl. Tommy Mthombeni, provinsiale polisiekommissaris, het die toneel besoek en het die polisiebeamptes van Gauteng en KZN, die Valke, verkeerspolisie en privaat veiligheidsmaatskappye vir hulle vinnige optrede geprys: “Hierdie samewerkende pogings lewer sukses en moet ’n sterk boodskap aan misdadigers stuur dat die polisie nie sal rus nie en voortgaan om misdaad beslissend te bekamp.”
FIVE SUSPECTS FATALLY SHOT FOLLOWING A SHOOTOUT WITH THE POLICE @SAPoliceService
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) July 24, 2025
Five suspects have been fatally wounded following a shoot-out with the police at Crown Mines on 24 July 2025.
It reported that the police operationalised intelligence information on suspects… https://t.co/PjwO75GHPp pic.twitter.com/vIS3BUsG7c





