TYNDA. – ’n Russiese vliegtuig het gister in Tynda, naby die Rusland-China-grens, neergestort. Al 48 mense wat op die vliegtuig was, insluitend kinders en bemanningslede, is oorlede.
Lees ook: Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra
Volgens Rusland se Verre-Ooste-vervoeraanklaerskantoor het die vliegtuig neergestort toe dit ’n tweede poging om te land by die Tynda-lughawe gemaak het. Volgens onbevestigde berigte op sosiale media het die vliegtuig aan die brand geslaan voordat dit neergestort het.
Die ongeluk word ondersoek.
Bronne: Sky News, The Citizen, USA Today
Lees ook: Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra





