VSA. – Die “skelmpie” van die voormalige Astronomer-hoof wat by die Coldplay-konsert in ’n omhelsing gevang is, het bedank.
Lees ook: Astronomer-hoof bedank ná ‘kiss cam’ hom uitvang by Coldplay-konsert
Astronomer het aan BBC bevestig dat Kristin Cabot, voormalige hoof van menslike hulpbronne by die maatskappy, bedank het en nie meer daar werk nie.
Cabot se bedanking volg ’n week nadat Andy Byron, die voormalige Astronomer-hoof, bedank het ná die maatskappy aangekondig het hy is op verlof geplaas en die voorval sal ondersoek word.
Die paar is op die jumbotron by die Coldplay-konsert gevang en het toe weggekruip. Dit het Chris Martin, die hoofsanger van Coldplay, laat sê “óf hulle het ’n affair óf hulle is net baie skaam”.
Bronne: BBC, NBC News, ABC News
Lees ook: Astronomer-hoof bedank ná ‘kiss cam’ hom uitvang by Coldplay-konsert





