Bejaarde sterf in aanval op hoewe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Bejaarde man (84) is Donderdagaand op sy hoewe in Buffelsdrift, Roodeplaat, Kameeldrift-Oos, aangeval. Hy is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Kapt. Johan van Dyk, Tshwane-distrikpolisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die oorledene se seun het omstreeks 20:10 op ‘n kamera gesien ‘n onbekende man loop in sy pa se erf. Met aankoms by sy pa het hy vier verdagtes in die erf aangetref. Drie het die huis ingehardloop en nog een het om die huis gehardloop.

Die drie verdagtes wat die huis in is, het by die agterkant van die huis uitgespring en weggehardloop. Die seun het die huis binne geplunder aangetref. Sy pa is aan die kant van die huis aangetref – aangerand en met drade vasgebind. Hy is na die Montana-hospitaal gehaas, maar is met aankoms dood verklaar.

Van Dyk bevestig slegs ‘n selfoon en kontant is vermis. Die verdagtes was in blou oorpakke geklee.

Die oorledene het alleen gewoon en het geen werkers gehad nie. Forensiese misdaaddeskundiges van die polisie het die toneel vir leidrade gefynkam. ‘n Saak van moord en huisroof is geopen en die polisie soek na die verdagtes.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief