WES-KAAP. – Die Springbok-vrouespan het dalk die eerste van twee wedstryde teen Nieu-Seeland se Black Ferns XV in ‘n koue Athlone Stadion in Kaapstad Saterdagaand verloor, maar die besoekers moes hard werk vir die 34-26 oorwinning.
Die Suid-Afrikaners het met passie en krag gespeel, terwyl die ervare Nieu-Seelanders met ‘n bietjie meer vaardigheid gespeel het. Dit was waarskynlik die verskil tussen die twee spanne. Die Swart Varings het halftyd met 20-12 voorgeloop, maar in die tweede helfte het die Bok-vroue egter een van hul beste rugby vertonings gelewer en alhoewel die besoekers hul gashere met ses drieë teen vier geklop het, sal hulle die Athlone stadion verlaat met die wete dat hulle verseker volgende week teen ‘n begeesterde SA span te staan gaan kom.
Johan Maree





