Brekende Nuus
Afrikaans

Drie mense dood nadat vliegtuig in see neerstort

Drie mense dood nadat vliegtuig in see neerstort

fotokrediet: X
Drie mense dood nadat vliegtuig in see neerstort fotokrediet: X

KALIFORNIË, VSA. – Drie mense is oorlede nadat ’n vliegtuig Saterdagaand in Pacific Grove, Kalifornië, in die Stille Oseaan neergestort het.

Lees ook: Minstens vier kinders dood en 17 beseer nadat skooldak in Indië ingee

Die privaat vliegtuig Beech 95-B55 Baron het volgens die Aviation Safety Network moeilikheid ondervind kort nadat dit opgestyg het. Volgens hulle het die vliegtuig links gedraai en tydens die draai verder geklim voordat dit skielik teen ’n hoë snelheid gedaal en in die see neergestort het.

Die eerste slagoffer se liggaam is Sondagoggend gevind en die ander twee slagoffers se liggame die middag.

Die Federale Lugvaartadministrasie en die nasionale vervoerveiligheidsraad gaan die ongeluk ondersoek.

Bronne: Metro, The New York Times, The Sun

Lees ook: Minstens vier kinders dood en 17 beseer nadat skooldak in Indië ingee