THAILAND. – Vyf mense is gister in ’n massaskietery by die Or Kor Tor-kosmark in Bangkok, Thailand doodgeskiet.
Lees ook: Drie mense dood nadat vliegtuig in see neerstort
Die verdagte, wat ná die skietery selfdood gepleeg het, was ’n voormalige werker by die mark en het ’n dispuut met een van die slagoffers, ’n veiligheidswag, gehad.
Volgens die polisie het hy eers drie ander veiligheidswagte doodgeskiet en daarna die vierde een met wie hy ’n dispuut gehad het. Hy het daarna by die mark ingehardloop en ’n vroulike werker doodgeskiet en nog twee gewond voordat hy homself geskiet het.
Bronne: BBC, The Telegraph, ECR





