KYK: Verdagtes in video vir ‘kindermishandeling’ vasgetrek

Lees ook :

Foto's: JMPD

GAUTENG. – Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het die vinnige inhegtenisneming van drie verdagtes aangekondig, ná die verspreiding van ’n video op 29 Julie 2025. Die video toon ’n jong seun wat dwelms in ’n bottelnek vir sy ma aansteek. Sy moedig hom aan om self te rook, alles in die teenwoordigheid van ander volwassenes.

Die JMPD sê in ‘n verklaring die honde-eenheid het Dinsdag tydens roetinepatrollie ’n wenk ontvang wat tot die identifisering van die verdagtes en hulle ligging gelei het. Beamptes het hulle na die adres in Newclare gehaas. Met aankoms by die adres is die ma, wat met die beskrywing in die video ooreenstem, aangetref. Sy het twee ander individue geïdentifiseer wat ook in die video verskyn het, insluitend die persoon wat dit verfilm het. Beamptes het die verdagtes genader, hulself voorgestel en hulle oor die beeldmateriaal uitgevra. Al drie het erken dat hulle “Mandrex” gebruik het en het erken dat hulle die voorval afgeneem het.

Die verdagtes is op aanklagte van kindermishandeling en -verwaarlosing in hegtenis geneem. Hul selfone is as bewysstukke gekonfiskeer. Hulle is by die Sophiatown-polisiekantoor in aanhouding.

Die kind wat in die video verskyn, is intussen verwyder en aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) toevertrou.

“Die JMPD loof die waaksaamheid van die gemeenskapslid wat die wenk gegee het, wat ’n vinnige reaksie en die kind se veiligheid moontlik gemaak het. Hierdie suksesvolle operasie beklemtoon die JMPD se onwrikbare verbintenis tot die beskerming van ons mees kwesbare gemeenskapslede en die aanspreeklikheid van oortreders,” het die JMPD se polisiehoof, kommissaris Patrick Jaca, gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief