Soldaat sterf toe olifante hom glo vertrap

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – X Raynard, ’n lid van die Suid-Afrikaanse weermag, is Sondag dood nadat hy vermoedelik deur ’n trop olifante vertrap is. Die voorval het tydens patrollie naby die Geelhek van die Madimbo-basis plaasgevind.

Volgens ‘n verklaring van die die SANW was Raynard van die 10 Lugafweerregiment aan diens onder Operasie Corona. Sy dienswapen is op die toneel gevind. ’n Ondersoek is van stapel gestuur om die omstandighede van die voorval vas te stel.

Angie Motshekga, die minister van verdediging, en senior weermaglede het hulle meegevoel met sy afsterwe betuig. Raynard se naasbestaandes is in Kimberley in kennis gestel en ondersteuning word aan hulle gebied.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief