Die departement van binnelandse sake het aangekondig dat Capitec en FNB die eerste banke is wat in vennootskap getree het om Smart-ID en paspoortdienste na meer banktakke landwyd en digitaal op banktoepassings uit te brei.
Minister Leon Schreiber sê in ‘n sosialemediaplasing die direktoraat-generaal het op 30 April die uitvoerende hoofde van nege banke genooi om deel te neem aan die nuwe fase van ’n samewerking wat reeds meer as ’n dekade duur. Tot dusver was die dienste slegs by 30 takke van vyf banke beskikbaar. Die vorige model het op die duplisering van personeel en toerusting staatgemaak, terwyl die nuwe digitale benadering tegnologie gebruik om dienste in stedelike en landelike gebiede, sowel as op banktoepassings, beskikbaar te maak.
Die departement beoog om die dienste tot 1 000 banktakke uit te brei. Verdere besonderhede sal bekend gemaak word tydens die minister se besoeke aan Capitec en FNB hierdie week.
Lees meer hier onder:







