Leerling sterf ná mediese noodgeval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ’n Gr. 10-leerling van Hoërskool Huhudi in Ganyesa, Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distrik, is Vrydag dood nadat sy ‘n mediese noodgeval by die skool ervaar en na ‘n kliniek gehaas is.

Die leerling het tydens skoolure ’n mediese noodgeval gehad. Die skoolhoof het onmiddellik die ouers in kennis gestel en ’n ambulans ontbied. Terwyl gewag is, het die leerling se ma haar saam met ’n onderwyser na die naaste kliniek geneem, waar sy oorlede is.

Viola Motsumi, LUR vir onderwys, het haar meegevoel uitgespreek en gesê die departement sal tydens die ondersoek saam met owerhede werk. Die doodsoorsaak is nog onbekend.

Die departement het berading en psigososiale ondersteuning vir die familie, leerlinge en personeel van die skool gereël.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief