KALIFORNIË, VSA. – Erik Menendez, die jongste van die twee Menendez-broers, wat hulle ouers in 1989 vermoor het, se aansoek om parool is gister in Kalifornië, VSA, afgekeur.
Lees ook: Menendez-broers hierdie week in hof vir paroolevaluasie
Die paroolraad se kommissaris, Robert Barton, het ná meer as 10 uur se getuienis met ’n paneel Erik Menendez se paroolaansoek afgekeur. Hy het gesê hy glo nie Erik is gereed om vrygelaat te word nie.
Barton het gesê: “Gebaseer op die regsstandaarde het ons bevind jy hou steeds ’n onredelike risiko in vir die openbare veiligheid”. Die raad het probleme gehad met Erik se oortredings in die tronk en sy kriminele aktiwiteite voor die moord op sy ouers in 1989.
Erik kan weer oor drie jaar aansoek doen om parool. Lyle Menendez se paroolaansoek word vandag oorweeg.
Bronne: BBC, CBC, CBS News
Lees ook: Menendez-broers hierdie week in hof vir paroolevaluasie





