Israel berei voor om Gasastad oor te neem

Lees ook :

Israel berei voor om Gasastad oor te neem fotokrediet: X

GASASTAD. – Die Israeliese kabinet het gister die plan van die eerste minister, Benjamin Netanyahu, om Gasastad oor te neem, goedgekeur.

Lees ook: Hamas-leierskap stem in tot nuwe voorstelle vir skietstilstand

Netanyahu het gisteraand gesê hy het instruksies gegee “om onmiddellik te begin met onderhandelinge vir die vrylating van al ons gyselaars” en ’n einde te maak aan die oorlog op voorwaardes “wat aanvaarbaar is vir Israel”.

Die Israeliese weermag (IDF) het mediese owerhede en internasionale organisasies gewaarsku om die hele bevolking van een miljoen inwoners na die suide van die land te begin ontruim.

Die IDF gaan troepe stuur na dele van Gasastad waar hulle nog nie ontplooi is nie en waar Israel glo Hamas steeds aktief is.

Bronne: BBC, The Independent, CNN

Lees ook: Hamas-leierskap stem in tot nuwe voorstelle vir skietstilstand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief