Polisie ondersoek moord op 11-jarige meisie in Volksrust

Lees ook :

Foto: Rea Gazette

MPUMALANGA. – Slindile Minky Gule (11), wat as vermis aangemeld is, se liggaam is Woensdag in die Dongas, Mahhowane, ontdek. Die Volksrust-polisie ondersoek ‘n moordsaak.

Lt.kol. Jabu Ndubane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens kost. Faniswa Sibiya is Gule op 17 Augustus deur ‘n buurman gestuur om elektrisiteit by ‘n vulstasie te koop, maar sy het nooit teruggekeer nie. ’n Saak van ’n vermiste persoon is geopen. Haar liggaam is deur ’n verbyganger ontdek en die polisie is ontbied. Die meisie het veelvuldige gesigsbeserings en wurgmerke aan haar nek gehad. Daar word vermoed dat sy moontlik verkrag is, maar verdere ondersoek word afgewag.

Die voorlopige ondersoek toon dat die liggaam afgelaai (dumped) is. Die motief vir die moord is nog onbekend. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief