GAUTENG. – Aizeque Zacaria Cumbuia (26), ’n tradisionele geneser van Mosambiek, het op ’n aanklag van die besit van menslike weefsel in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn.
Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Cumbuia is op 7 Augustus betrap toe polisiebeamptes tydens ’n moordondersoek in Brits menslike weefsel in ‘n kamer gekry het waar hy sy praktyk boefen. Die moordsaak wat ondersoek word, behels ’n vrou wat doodgemaak is, van wie liggaamsdele verwyder en die liggaam verbrand is.
Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 28 Augustus uitgestel, waar die staat van voorneme is om borgtog teen te staan.





