KWAZULU-NATAL. – ’n Bejaarde man (81) van Reservoirlaan in Ghandi’s Hill, Tongaat, het Saterdag in die vroeë oggendure in ‘n huisbrand gesterf.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing die operasionele sentrum is omstreeks 03:30 deur ‘n man gebel wat gesê het sy bejaarde pa se huis is aan die brand. Met aankoms op die toneel was die Ethekwini-brandweer reeds teenwoordig. Brandbestryders het die brand geblus en daarna die verkoolde liggaam van die bejaarde man in sy bed ontdek.
Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word.





