Liggaam van meisie (5) in beesdip in Ndwedwe gekry

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (5) se liggaam is Vrydagmiddag deur Rusa-beamptes in ‘n beesdipput in Ntapuka, Ndwedwe, gevind.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing die kind is omstreeks 12:00 laas gesien, toe sy glo saam met maats naby die put gespeel het. Die meisie is daarna deur die lede van die gemeenskap in die put gesoek, waarna die Rusa- operasionele sentrum kort na 15:00 vir hulp gebel is.

Beamptes en paramedici is weens die ruwe terrein sowat een kilometer te voet na die toneel, waar die liggaam van die meisie uit die put gehaal is. Volgens inligting het die meisie saam met twee vriende met die trappe wat na die put lei, afgeklim. Dit is nie duidelik of sy gegly het of nie kon uitklim nie. Haar vriende het vinnig hulp ontbied, waarna sonder sukses na die meisie gesoek is, selfs nadat die put gedeeltelik gedreineer is.

Familielede het aan die beamptes gesê die dip, wat deur die gemeenskap gebou is, word gereeld gebruik vir die dip van vee en bevat ’n mengsel van chemikalieë en plaagdoders.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief