Ondersoekers sê skoolskieter was ‘behep met idee van kinders doodmaak’

Lees ook :

Ondersoekers sê skoolskieter was ‘behep met idee van kinders doodmaak’ fotokrediet: X

MINNEAPOLIS, VSA. – Ondersoekers het gesê Robin Westman (23) wat skoolkinders geskiet het wat by Annunciation Katolieke kerk besig was om te aanbid, was “behep met die idee van kinders doodmaak”.

Lees ook: Skoolskietery in VSA – 2 kinders dood en 17 mense beseer

Twee kinders is dood en 18 mense is in die skietery beseer. Die aanvanklike getal beseerdes was 17, maar nog ’n kind met beserings is geïdentifiseer. Harper Moyski (10) en Fletcher Merkel (8) is die kinders wat in die skietery oorlede is.

Die Minneapolis-polisiehoof, Brian O’Hara, het gesê dit lyk nie of Westman, wat selfdood gepleeg het ná die skietery, ’n spesifieke motief gehad het nie. O’Hara het gesê Westman “het ons almal gehaat” en het bygevoeg “meer as enigiets wou die skieter kinders doodmaak”.

Volgens O’Hara was Westman “gefassineerd met vorige voorvalle van massaskietery” en het gesê hy wou ’n massaskietery uitvoer om “beroemd te raak”.

Owerhede het gesê Westman was voorheen ’n leerling by die Annunciation Katolieke kerk se skool en sy ma het ook voorheen daar gewerk.

Die saak word ondersoek.

Bronne: BBC, The Independent, PEOPLE

Lees ook: Skoolskietery in VSA – 2 kinders dood en 17 mense beseer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief