Europese leiers sê Poetin saboteer vredesamesprekings met groot lugaanval op Oekraïne

Lees ook :

Poetin word beskuldig  van vredesamesprekings saboteur ná groot lugaanval op Oekraïne fotokrediet: X

OEKRAÏNE. – Europese leiers het hul woede uitgespreek oor Rusland se aanval op Kijif in die Oekraïne wat minstens 23 mense, insluitend vier kinders, gedood het.

Lees ook: Sowat agt mense dood en verskeie beseer in Russiese aanval op Oekraïne

Die VK se Keir Starmer het die Russiese president, Wladimir Poetin, daarvan beskuldig dat hy “die hoop op vrede saboteer” ná gister se aanval waarin 600 hommeltuie en meer as 30 vuurpyle gebruik is.

Die Oekraïense president, Wolodomir Zelenski, het gesê die aanval, die tweede grootste op Oekraïne sedert die begin van die oorlog, was Moskou se antwoord op diplomatieke pogings om die oorlog te beëindig.

Moskou het beweer dit het militêre teikens getref, maar die Britse raadsgebou asook die gebou van die Europese Unie-afvaardiging in Kijif is getref. Energie-aanlegte het ook onder die aanval deurgeloop.

Bronne: CNN, CBS News, The Independent

Lees ook: Sowat agt mense dood en verskeie beseer in Russiese aanval op Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief