OEKRAÏNE. – Europese leiers het hul woede uitgespreek oor Rusland se aanval op Kijif in die Oekraïne wat minstens 23 mense, insluitend vier kinders, gedood het.
Lees ook: Sowat agt mense dood en verskeie beseer in Russiese aanval op Oekraïne
Die VK se Keir Starmer het die Russiese president, Wladimir Poetin, daarvan beskuldig dat hy “die hoop op vrede saboteer” ná gister se aanval waarin 600 hommeltuie en meer as 30 vuurpyle gebruik is.
Die Oekraïense president, Wolodomir Zelenski, het gesê die aanval, die tweede grootste op Oekraïne sedert die begin van die oorlog, was Moskou se antwoord op diplomatieke pogings om die oorlog te beëindig.
Moskou het beweer dit het militêre teikens getref, maar die Britse raadsgebou asook die gebou van die Europese Unie-afvaardiging in Kijif is getref. Energie-aanlegte het ook onder die aanval deurgeloop.
Bronne: CNN, CBS News, The Independent
Lees ook: Sowat agt mense dood en verskeie beseer in Russiese aanval op Oekraïne





