Sowat agt mense dood en verskeie beseer in Russiese aanval op Oekraïne

Lees ook :

Sowat agt mense dood en verskeie in Russiese aanval op Oekraïne beseer fotokrediet: X

OEKRAÏNE. – Agt mense is dood en 24 is gewond nadat Rusland ’n groot aanval met hommeltuie, vuurpyle en ballistiese missiele deur die nag en vanoggend op Kijif, Oekraïne, geloods het.

Lees ook: Tien mense, insluitend kinders, dood in Russiese aanvalle op Oekraïne

Volgens die Oekraïense minister van binnelandse sake, Ihor Klymenko, is twee kinders in die aanval oorlede. Die dodetal sal waarskynlik nog styg.

Die hoof van Kijif-stad se administrasie, Tymur Tkachenko, het gesê ’n 5-verdieping residensiële gebou is vernietig nadat dit getref is. Tkachenko het verder gesê nog verdiepinggeboue is in Kijif geteiken. Brande het in van die geboue uitgebreek.

Reddingswerkers is besig om na oorlewendes te soek wat onder die rommel vassit.

Bronne: Euronews, ABC News, The Independent

Lees ook: Rusland teiken Oekraïne met grootste lugaanval in maand ure ná Zelenski-Trump-gesprek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief