KENIA. – ’n Spaanse toeris het woede ontlok nadat hy bier in ’n olifant se slurp gegooi het by die Ol Jogi, ’n Keniaanse wildreservaat.
Lees ook: Liggame in Kenia gevind moontlik aan kultus verbind
Hy het ’n videoplasing op Instagram gedeel waarin hy van ’n Tusker-bier drink en die res vir die olifant gee met die opskrif: “Net ’n Tusker met ’n geslurpte vriend”. Die video is later van Instagram afgehaal ná woedende kommentaar.
Die toeris het ook ’n video geplaas van waar hy vir twee olifante wortels voer en sê: “Dis biertyd”. Hy het sedertdien nog ’n video geplaas van waar hy wortels vir renosters by die Ol Pejeta-wildreservaat voer.
Die olifant se naam is Bupa, uitgeken aan sy beskadigde slurp. Hy is in Zimbabwe in 1989 gered van uitgesit te word toe hy agt jaar oud was.
Volgens die Ol Jogi -wildreservaat ondersoek dit die voorval en sê die voorval moes nooit plaasgevind het nie. Ons is ‘n wildreservaat en ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie. Ons laat nie eens mense naby die olifante toe nie”.
Die Kenia Wildlife Service ondersoek ook die saak.
’n Keniaanse bioloog en olifantkenner het gesê die toeris se gedrag het Bupa se lewe in gevaar gestel.
Bronne: BBC, Daily Mail, The Straits Times
Lees ook: Liggame in Kenia gevind moontlik aan kultus verbind





