WES-KAAP. – ‘n Vrou (62) se liggaam is Maandag net na 11:00 in haar woonstel in Crookstraat, Mosselbaai gevind. Die Mosselbaai-polisie ondersoek ‘n saak van moord en motordiefstal.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens die voorlopige ondersoek is die polisie en brandweer na die woonstel ontbied nadat nadat ’n vriend die vrou as vermis aangemeld het. Die deur is oopgebreek en haar liggaam is met ’n oop wond aan die nek ontdek. Sy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. Met ‘n ondersoek het die polisie later die slagoffer se Toyota Scarlet verlate in Mooniestraat in Kwanonqaba, Mosselbaai, gevind.
Spies sê ‘n lykskouing word later die week uitgevoer om die oorsaak van dood te bepaal. Die verdagte(s) is steeds op vrye voet en die polisie vra persone met relevante inligting om AO Francois Piek, die ondersoekbeampte, by 079 893 9937 te bel.






2 Responses
http://farmaciabesurica.com/# classifica farmacie online
Scegli Farmacia: comprare medicinali online senza ricetta – acquisto farmaci a domicilio Italia