GASA. – Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela (51), is een van die Suid-Afrikaners wat op ’n vloot bote na Gasa gaan reis om Israel se blokkade te breek.
Lees ook: Israel roep 40 000 reserviste op vir oorname van Gasastad
Mandela is deel van ‘n groep Suid-Afrikaners van 11 wat gister na Tunisië vertrek het om teen Donderdag met ‘n boot in die Mediterreense See by Greta Thunberg se groep aan te sluit. Meer as 40 bote van ten minste 44 lande vorm die flottielje wat beplan om Israel se blokkade op Gasa te breek en kos en humanitêre hulp af te laai.
Hy het gesê: “Baie van ons wat die gebiede in Palestina besoek het wat deur Israel beset word, het tot een gevolgtrekking gekom: die Palestyne beleef ’n baie erger vorm van apartheid as wat ons ooit ervaar het”. Mandela het bygevoeg: “Ons glo die globale gemeenskap moet aanhou om die Palestyne te ondersteun, net soos hulle sy aan sy met ons gestaan het”.
Bronne: Polity.org, IOL, US News
Lees ook: Israel roep 40 000 reserviste op vir oorname van Gasastad





