Minister van gesondheid ondergaan operasie in staatskliniek

Lees ook :

Foto: Departement van Gesondheid

GAUTENG. – Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het ’n suksesvolle oogoperasie by die St. John-oogkliniek in Chris Hani Baragwanath-hospitaal, Soweto, ondergaan. Die prosedure is deur ’n oorwegend jong span mediese dokters uitgevoer.

Volgens die departement van gesondheid het Motsoaledi reeds vir maande ‘n probleem met sig gehad en was op ’n waglys vir behandeling. Die kliniek behandel ’n verskeidenheid oogtoestande, soos probleme met die retina en kornea, en gloukoom.

Na afloop van die operasie het Motsoaledi die publiek versoek om gereeld oogtoetse te laat doen om toestande soos katarakte en gloukoom vroeg op te spoor. Hy het ook benadruk dat openbare gesondheidsfasiliteite gehaltesorg aan alle Suid-Afrikaners bied, al gaan dit soms gepaard met langer wagtye.

Intussen duur die samewerking tussen die departement en Transnet voort om toegang tot oogversorging deur die Phelophepa-trein uit te brei. Die trein verskaf gratis oogtoetse, bekostigbare brille en ander gesondheidsdienste regoor die land.

Die departement sê hierdie programme is noodsaaklik om universele gesondheidsdekking te bereik en gelyke toegang tot sorg te verseker.

Bron: SAnews.gov.za, Departement van Gesondheid

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief