MOSSELBAAI. – Hoërskool Punt het op 3 September 2025 amptelik ’n selfoonvrye beleid ingestel. Die beheerliggaam en skoolbestuur het bepaal dat selfone gedurende skoolure verbied word.
Die skool sê in ‘n sosialemediaplasing leerlinge bêre soggens hul selfone in toesluitkassies en kry dit eers weer aan die einde van die dag terug. Volgens die skool sal die beleid help om akademiese fokus te versterk, sosiale interaksie te bevorder en leerders se geestesgesondheid te beskerm.
Studies toon dat selfone in klaskamers en tydens pouses leer en sosiale interaksie nadelig beïnvloed. Met die nuwe beleid wil die skool ’n omgewing skep waar akademiese uitnemendheid en welstand eerste kom. Die skool sê voorts vir enige navrae kan ‘n afspraak met die skoolbestuur gemaak word.

