Vyf verdagtes in skietgeveg met polisie dood

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vyf verdagtes, tussen die ouderdomme van 17 en middel 20’s, is vanoggend (Maandag), in ’n skietgeveg met die polisie by die Pump House-informele nedersetting in Chatsworth doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring inligting het die polisie na die verdagtes se skuilplek gelei. Die verdagtes was in verband met sake van moord, huisrowe, afpersing en die besit van onwettige vuurwapens in die gebiede Mpumalanga-township, Mariannhill, KwaNdengezi en Umsunduzi gesoek. Met dié wat die polisie hulle teenwoordigheid by die skuilplek bekend gemaak het, is daar glo op hulle geskiet. ’n Skietgeveg het gevolg waartydens al vyf verdagtes noodlottig gewond is. Geen polisiebeampte is beseer nie.

Drie vuurwapens, waaronder ’n selfgemaakte wapen, is by die verdagtes gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief