GASA. – Volgens die Gasa-gesondheidsministerie het 72 Palestynse burgers is dood en meer as 350 is beseer in die laaste 24 uur in Israeliese aanvalle.
Lees ook: Katar se soektog na vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel-aanval
Plaaslike owerhede het gesê sowat 27 mense is dood in aanvalle op Gasastad en dat minstens sewe Palestynse burgers wat op pad was vir noodhulp in Khan Younis gedood is. Israel het nog geen kommentaar oor die dood van die Palestynse burgers wat noodhulp gesoek het, gelewer nie, maar het voorheen gesê hulle vuur slegs waarskuwingskote af. Ooggetuies het gesê die Israeliese weermag het geskiet op skares wat die aangewysde paaie gevolg het om by die noodhulp uit te kom.
Volgens die Gasa-gesondheidsministerie staan die dodetal in Gasa al op 64 718. Die VN het gesê meer as twee derdes was vrouens en kinders.
Bronne: Euronews, Sky News, Al Jazeera
Lees ook: Katar se soektog na vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel-aanval





